Liggie-atlete laat hakskene klap

Munashe Dukuswa (0/14) was agtste in die hoogspring met 959 ASA-punte en ook agtste in verspring met 974 punte.

Die Top 10 dogters- en seunsatlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Vrydag en Saterdag aan die Elardus Erasmus-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit deelgeneem.

Altesaam 41 spanne het deelgeneem en almal was dit eens dat die atletiek van hoogstaande gehalte was.

Ligbron het algeheel 25ste geëindig.

Die volgende Liggies het besondere prestasies gelewer met meer as 900 ASA-punte: Martin Meyer (0/14) het vyfde geëindig in die 100 m-hekkies met 1069 ASA punte en tweede in die 300 m-hekkies met 916 ASA punte.

Leon du Preez (0/16) was 10de in die 110 m-hekkies met 949 ASA-punte.

Munashe Dukuswa (0/14) was agtste in die hoogspring met 959 ASA-punte en ook agtste in verspring met 974 punte.

Kwanele Nkambule (0/14) het die tweede plek in die 100 m behaal met 1103 punte en die vierde in verspring met 1096 punte.

Albei Kwanele se prestasies is ook ingesluit onder die Top 50 prestasies van die byeenkoms.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version