NewsSchools

Erries wys hul staal by Hoëveld 7’s

Die Hoëveld se 0/16-rugbyspan, waarvan Johan en Cornus lid is, het in die eindstryd gespeel en hul span spog met ‘n oorwinning van 50 – 12 teen Noord-Vrystaat.

Cornus van den Berg en Johan Nel, albei gr. 10-leerders van EHS, het van 4 tot 7 Oktober aan die somerweek van die Hoëveld 7’s-rugby deelgeneem by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria.

Die span het 12 wedstryde gespeel, waarvan hulle 11 gewen het.

Hulle het 260 punte aangeteken en slegs 80 punte afgestaan.

Die Hoëveld se 0/16-rugbyspan, waarvan Johan en Cornus lid is, het in die eindstryd gespeel en hul span spog met ‘n oorwinning van 50 – 12 teen Noord-Vrystaat.

Die span is ook aangewys as wenners van die toernooi.

Johan Nel is gekies vir die Panthers 0/19-rugbyleague-span wat volgende jaar na Dallas, Amerika gaan toer.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button