Liggie-krieket op die wenpad

Die TWK Superliga eerste span het Woensdag tuis teen Standerton se eerstes in 'n T20-wedstryd te staan gekom.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 0/14A-krieketspan het verlede Donderdag op hul tuisveld teen Hoërskool Secunda te staan gekom.

Die Liggies het 146/10 in hul 20 beurte aangeteken. Njabulo Maseko was die beste kolwer met 44 lopies.

Ligbron het Secunda beperk tot 107/5 en wen die wedstryd met 39 lopies.

Mohammed Timol was die beste bouler met 19/1/4.

Die TWK Superliga eerste span het Woensdag tuis teen Standerton se eerstes in ‘n T20-wedstryd te staan gekom.

Ligbron het 156/3 op die telbord gesit met Stefan Stapelberg wat 73 lopies (n.u.n.) aangeteken het.

Standerton het 119/9/20 aangeteken wat aan Ligbron ‘n oorwinning van 37 lopies gegee het. Rassie Roux het 2/12/4 en MJ Myburg het 3/19/3 in hul boulbeurte geneem.

Die TWK Superliga eerste span het in Nelspruit teen Penryn College se eerstes gespeel. Penryn het 211/9 in hul kolfbeurt aangeteken en

MJ Myburgh het vir die Liggies uitgeblink met sy boulsyfer van 5/17.

Ligbron gaan Penryn se telling in die 30ste boulbeurt verby en wen met ses paaltjies.

Die beste kolwer was Stephan Stapelberg met 90 (n.u.n.).

Die 0/15-Superligaspan het teen Hoërskool Genl. Hertzog gespeel.

Hertzog is deur die Liggies in die 42 ste boulbeurt almal uitgehaal met 114 lopies op die telbord.

Ligbron het die telling in die 24ste beurt met slegs twee paaltjies plat gehaal.

WJ Vorster is aangewys as die beste kolwer met 63 (n.u.n)).

Die beste boulers was Ruben Herbst met 4/26 /9 en JP Austin met 2/ 25/10.
Ligbron wen met agt paaltjies.

Ligbron se plaaslike liga eerste span het Saterdag in Secunda teen Hoërskool Oosterland se eerste span gespeel.

Oosterland het 214 lopies aangeteken (almal uit), Ligbron se laaste paaltjie het in die 28 ste beurt geval en hulle verloor met 71 lopies.

Ligbron se plaaslike liga tweedes het teen Piet Retief gespeel wat 153/6/20 aangeteken het.

Die beste boulers was Donovan Geel met 2/28/3 l en Bongmusa Banda met 1/21/4.

Ligbron is in die 11de beurt almal uit vir 81 en verloor die wedstryd met 72 lopies.

Die beste kolwers was Alec Duncan (27) en Donovan Geel (14).

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version