Local newsNews

Tuinbouers leer van kos, klere en laventel

Ermelo Tuinbouklub het verlede week by Butr Coffee Shop bymekaar gekom vir 'n oggend gewy aan kos, klere en blomme.

Ermelo Tuinbouklub het verlede week by Butr Coffee Shop bymekaar gekom vir ‘n oggend gewy aan kos, klere en blomme.

Jongsjef-finalis, Jakes Warrick (25), het die vroue vertel van sy ervaringe en die pad wat hom gelei het tot waar hy vandag is.

Daarna het hy meer uitgebrei oor die National Young Chef-kompetisie, van die dag dat hy sonder sy medewete in sy eie werksplek geassesseer en gekies is as Mpumalanga se enigste kandidaat vir die kompetisie tot die finaal waar hy algeheel derde geëindig het.

Sy raad aan die vroue was om eie aan jouself en jou oorsprong te bly as dit by kosmaak kom.

Vir nou sien hy uit na volgende jaar wanneer hy Suid-Afrika in die Junior Culinary Olympics in Munich gaan verteenwoordig.

Volgende het die voorkomskonsultant Carla Brundyn die vroue meer vertel oor die verskillende klerepersoonlikhede.

Sy het die verskillende persoonlikhede, van sportief, dis nou ‘n vrou wat vroeg-oggend gou winkel toe gaan in haar sweetpak en steeds elegant lyk, tot etnies, romanties en klassiek om net ‘n paar te noem aan die vroue verduidelik.

Kort voor lank het almal deelgeneem en raaiskote gewaag oor die lede in die groep se klerepersoonlikhede.

Sy het ook gesê die seisoen van jou lewe waarin jy jou tans bevind, beïnvloed hoe mens aantrek.

Die vroue kon eenvoudig nie ophou luister en vrae vra nie en is nou reg om hul eie style te leer ken en met trots te dra.

Ná ‘n heerlike middagete wat met sorg voorberei is deur Jakes en sy span het Liza Stokes van Soetendalsvlei Laventelkwekery die vroue meer vertel van die verskillende soorte laventel en raad gegee oor plant-en snoeityd.

Die vroue het die oggend terdeë geniet en sien uit na die volgende vergadering wat oor twee maande weer plaasvind.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button