Local newsNews

Beatrice Barnard sterf onverwags

Vir die kort tydjie wat Beatrice weer in Ermelo gebly het, het sy 'n baie gelukkige tydperk in haar lewe beleef en dit was goed vir haar om terug te wees in die omgewing waar sy grootgeword het.

Beatrice Barnard is Dinsdag, 12 September op 73-jarige ouderdom onverwags in die Trichardt-hospitaal oorlede.

Haar dood was vir die mense wat haar geken het onverwags en sy laat ‘n groot leemte in hul harte.

Beatrice het in Breyten grootgeword en aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer.

Sy was getroud met wyle André Barnard en een seun, Louis, is uit dié huwelik gebore. Beatrice het ‘n vol en interessante lewe gelei en sy was ‘n bekwame vrou wat met haar passie vir koskook oor die hele wêreld getoer, geleer, gewerk en klasgegee het.

Menige artikel het deur die jare oor haar in tydskrifte verskyn wat haar eie mooimaakstyl en kookvernuf weerspieël het.

Beatrice was ook bekend vir haar gastehuis in Graaff-Reinet.

Mense na aan haar en Japie Celliers het die afgelope tyd die mooi verhouding tussen hulle sien blom. Die twee was in matriek ge-“kys” en ná albei hul huweliksmaats aan die dood afgestaan het, het hul paadjies weer gekruis en was dit duidelik dat hulle weer ‘n kans op geluk gegun is.

Vir die kort tydjie wat Beatrice weer in Ermelo gebly het, het sy ‘n baie gelukkige tydperk in haar lewe beleef en dit was goed vir haar om terug te wees in die omgewing waar sy grootgeword het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button