CrimeNews

Sake-eienaar in bors gewond na woordewisseling oor krag

Die sake-eienaar (36) wat ook glo by die munisipaliteit werksaam is, beweer dat die man hom genader het en aangedring het op 'n verduideling oor hoekom sy ma se krag afgesny is.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Volgens kapt. Carla Prinsloo is die eienaar van ‘n karwasonderneming in Wesselton in die bors geskiet na ‘n woordewisseling met ‘n onbekende persoon.

Die sake-eienaar (36) wat ook glo by die munisipaliteit werksaam is, beweer dat die man hom genader het en aangedring het op ‘n verduideling oor hoekom sy ma se krag afgesny is.

Die man het hom toe in die bors geskiet en gevlug.

Die eienaar is steeds in die hospitaal en die polisie het ‘n soektog na die verdagte geloods.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button