Lionel leef in sy eie wêreld van trokke

Dit sal Lionel net goed doen om saam met kinders met dieselfde toestand as hy te wees om gestimuleer te word," het sy ma, Engela, gesê.

Lionel van Zyl leef in ‘n wêreld van sy eie.

Hy is gebore met Lennox-Gastautsindroom, ‘n soort epilepsie wat gewoonlik in die kinderjare begin, en outisme.

Lionel is reeds 16 jaar oud, maar het die verstandelike vermoëns van ‘n vyf- tot sewejarige.

Hy vul sy dae deur met groot prente van vragmotors, brandweerwaens en die bietjie speelgoed wat hy het, te speel.

Sy ma neem hom vir spraak- en arbeidsterapie. Hy kan egter nie in sinne praat nie en sal sommer uit die bloute sê: “brandweer”.

Dit beteken hy wil graag weer die brandweerstasie besoek.

Sy ma sê hy was al twee keer daar en het dit baie geniet.

Weens Lionel se toestand en die feit dat hy altyd alleen is, raak hy by tye baie aggressief en sy ma het gevra as iemand weet van ‘n sentrum of dagskool waar hulle sulke kinders vir ‘n dag of twee ‘n week kan ontvang, om haar te laat weet.

“Dit sal Lionel net goed doen om saam met kinders met dieselfde toestand as hy te wees om gestimuleer te word,” het sy ma, Engela, gesê.

Sy het ook gevra dat mense wat dalk groot prente en ou opvoedkundige speelgoed het wat hul nie meer gebruik nie, dit aan Lionel sal skenk.

Kontak Engela by 064 029 5573.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version