Gee ou speelgoed en prente vir Lionel

Mens aanvaar dit as vanselfsprekend om gesprekke te voer en te vra hoe dit gaan wanneer jy iemand op straat of in 'n winkelsentrum raakloop.

Ek het dié week ‘n storie gedoen oor ‘n seun wat bietjie anders as ander kinders is.

Hy is gebore met ‘n paar toestande, onder andere outisme.

Ek kon laasnag nie slaap nie – nie oor die storie wat ek gedoen het nie, maar sommer net bloot slaaploosheid.

Toe wonder ek hoe dit moet voel om so in jou eie klein wêreldjie vasgevang te wees.

Lionel is betower met groot prente van insleeptrokke, brandweerwaens en ander groot voertuie.

Hy verwyl sy dae deur daarna te sit en kyk.

Terwyl ek so wakker gelê het, het ek probeer dink wat ek kan doen om sy dae ‘n bietjie in te kleur.

Om vir hom te gaan kuier, sal nie help nie, want hy kan nie ‘n gesprek voer nie.

Ek het nie deur die nag ‘n oplossing gekry nie, maar ek is seker ek sal nog aan iets dink.

Ek kon toe ook nie help nie om te dink aan my drie kinders met wie ek ‘n hond uit ‘n bos uit gesels as ons bymekaar kom en het net weer besef hoe bevoorreg ek en my kinders is.

Mens aanvaar dit as vanselfsprekend om gesprekke te voer en te vra hoe dit gaan wanneer jy iemand op straat of in ‘n winkelsentrum raakloop.

Ek het net weer besef niks is vanselfsprekend nie en dat ons dankbaar moet wees vir elke stukkie genade wat ons kant toe kom.

Ek dank die Here vir gesonde kinders met wie ek sinvolle gesprekke kan voer en my hart gaan uit na Lionel en sy ma.

Ek hoop dat daar een of ander vorm van stimulasie in sy stil wêreld sal kom en dat sy altyd die krag sal kry om hom en sy omstandighede te hanteer

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version