CMR Ermelo vier 50 jaar van diens

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Ermelo het Vrydagaand hul 50ste bestaans-jaar by Die Kruik, NG Ermelo-Oos gevier.

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Ermelo het Vrydagaand hul 50ste bestaans-jaar by Die Kruik, NG Ermelo-Oos gevier.

Die aand was gevul met sang en gesellige samesyn terwyl daar eer gebring is aan die CMR se onbaatsugtige “vriende”.

Ds. Jaco van Niekerk het gesorg vir ‘n ligter oomblik met staaljies wat hy uit ou notules sedert hul ontstaan op 16 November 1966 nageslaan het.

Die staaltjies het gestrek van die heel eerste maatskaplike werker wat daarop aangedring het dat ‘n vuurwapen aangeskaf moet word vir dié uiters gevaarlike werk, die heel eerste skenking wat ontvang is: R100 van die stadsraad tot moeilike bestuurslede en moeilikheid met met die Volkswagen-kewertjie.

Hoewel dit nie moontlik is om almal uit te sonder nie, is daar tog ‘n paar mense wat nie anders as genoem kan word nie.

Miemie van Niekerk (nee. Geyser) het op 1 Januarie 1971 as maatskaplike werker by die CMR Ermelo aangesluit en sit vandag steeds haar werk voort by die Carolina-tak.

Daar is ook eer gebring aan wyle Issie Dippenaar wat saam met Sonja van Niekerk die droom van ‘n kinderhuis bewaarheid het. Die ontstaan en bestaan van die kinderhuis is voorwaar een van die CMR se hoogtepunte.

André Vermeulen is aangewys as die CMR Ermelo se “vriend van die jaar” en bedank vir hulp, bystand en bereidwilligheid.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version