Liggies 0/14A’s virseker die beste

Hulle het 997 punte aangeteken. 5 ligawedstryde is ná rustyd gestop omdat die Liggies reeds meer as 50 punte op die telbord gehad het.

Die John Wright Veneers 0/14A-rugby-span van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag skoolgeskiedenis gemaak deur Ligbron se eerste rugbyspan te word wat die beker wat eers as die Direkteurstrofee, later Beeldtrofee en nou Virsekerbeker bekend staan, te wen.

In 2003 het Ligbron se eerste rugbyspan in die Beeldtrofee-eindstryd 20-26 teen Hoërskool Brandwag vasgeval, maar vanjaar het hulle 0/14A’s

Helpmekaar op hulle tuisveld met 33-14 geklop.

Teen halftyd was die Liggies 12-14 agter. maar steeds gemotiveerd om te wen.

In die tweede helfte het Ligbron die wedstryd oorheers en nog 21 punte aangeteken.

Dié span het vanjaar 19 wedstryde gespeel en het die Superreeks, die Voortrekker-rugbyweek in Bethlehem, die Mpumalanga Grootskole-liga en die Virsekerbeker gewen.

Hulle het 997 punte aangeteken. 5 ligawedstryde is ná rustyd gestop omdat die Liggies reeds meer as 50 punte op die telbord gehad het.

Daar is slegs 111 punte in die seisoen teen hulle aangeteken.

In die Mpumalanga-liga is net agt punte in totaal teen dié span aangeteken.

Die 0/14A-span bedank graag hul hoofborg, John Wright Veneers, vir hulle getroue ondersteuning, asook ‘n groot dankie aan elke ouer vir die opofferings wat hulle vir die spelers gemaak het.

“Dankie ook aan elke ondersteuner wat dié span week ná week ondersteun het, hetsy dit ‘n tuis- of wegwedstryd was,” het Kobus Stander, afrigter, bygevoeg.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version