Local newsNews

Klein seuns met groot drome

Met groot konsentrasie is balle inge-wag en afgestuur en die gesigsuitdrukking het my heelwat pret besorg en gereeld laat skaterlag.

Ek het Saterdag die voorreg gehad om die KFC mini-krieketreeks by JJ van der Merwe te gaan afneem.

Honderde 0/7- en 0/8-krieketspelertjies het vroegoggend al reg gestaan om mekaar die stryd aan te sê.

Dit was te kosbaar om te sien hoe hulle hul boul- en kolfaksies in die lug in toets.

Toe die wedstryde uiteindelik begin, was die manne reg vir mekaar en ek kon sien dat hulle die wedstryde baie ernstig opneem.

Met groot konsentrasie is balle inge-wag en afgestuur en die gesigsuitdrukking het my heelwat pret besorg en gereeld laat skaterlag.

Uit die aard van die saak is die ondervinding nog nie daar nie en selfs dit het vir groot pret gesorg.

Daar was egter ook ‘n paar mokerhoue wat die veldwerkers laat bontstaan het.

Een boulertjie het sy aanloop met militêre presisie beplan. Twee treë dié kant toe en twee treë daai kant toe, dan so ‘n geskuifel en daarna word die bal afgestuur met ‘n aksie wat min mense hom kan nadoen.

Ek het so in die stilte gewonder of hulle kriekethelde het na wie hulle opsien en probeer nadoen en of dit maar net hul natuurlike aksies is.

Dit het my ook laat dink dat meeste van ons ook maar hier in die stilligheid iemand het na wie ons opsien en idealiseer.

Dit is egter so dat mense feilbaar is en mekaar soms teleurstel, maar dit is ook deel van die lewe om met die teleurstelling daaraan verbonde saam te leef.

Aan die einde van die dag bly ons net mense.

Intussen is en bly dit lekker om te sien hoe klein seuntjies sorgeloos krieketballe rondslaan en hulle lewens geniet.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button