Weldoeners knap Ermelo kinderhuis op

Die maatskappy het hulle daartoe verbind om elke maand ’n ander projek om die kinderhuis te verbeter, aan te pak en beloof ook om die koste te dra vir twee tenks brandstof wat die kinderhuis kort per maand.

Die eienaars van NCS Mining is onlangs deur me Julia Bal, Msukaligwa – raadslid genader om by die CMR Child and Youth Care Centre betrokke te raak, met die gevolg dat verskeie projekte nou deur die myn beplan word.

Hulle het reeds twee kamers opgehelder met nuwe beddegoed en gordyne en hulle borg ook die herstelwerk aan die lugversorger van die baba-eenheid.

Die maatskappy het hulle daartoe verbind om elke maand ’n ander projek om die kinderhuis te verbeter, aan te pak en beloof ook om die koste te dra vir twee tenks brandstof wat die kinderhuis kort per maand.

NCS Mining daag ander myne en sakeondernemings uit om betrokke te raak by Ermelo se kinderhuis.

Die bestuurder van die CMR Child and Youth Care Centre, me. Thelma Pretorius, het haar dank en waardering teenoor die weldoeners uitgespreek.

Enige persoon wat belang stel om betrokke te raak by die kinderhuis, kan me. Pretorius skakel by 087 550 0510.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version