Vier Erries in Mpumalanga visuele kuns top 10

Die Erries het deelgeneem in die kategorie Visuelekuns aangebied as formelevak en hier het hulle gewys dat kuns van ‘n hoëstandaard by die Erries geskep word.

Die afgelope 13 jaar loods dieMpumalanga Departement van Onderwys ‘n Visuele Kunskompetisie met verskeie omgewings- en sosialetemas.

Die Erries neem al drie jaar deel aan hierdie kompetisie en verwerf elke jaar goeie resultate.

Die tema die jaar,“With these hands”, is deur leerders in ‘n produk omskep wat deur die Department in Mbombela beoordeel word ,waaruit die Top 10 leerders per kategorie in Mpumalanga verkies is.

Leerders kon in verskeie kategorieë inskryf wat Visuelekuns en Ontwerp insluit.  Elke kategorie word verdeel in formelevak- of informele deelname.

Die Erries het deelgeneem in die kategorie Visuelekuns aangebied as formelevak en hier het hulle gewys dat kuns van ‘n hoëstandaard by die Erries geskep word.

Vier leerlinge, Chriselma van den Berg(gr. 12), Baruch Buchling(gr.10), SoritaHoltzhausen(gr.11) en LieslRoos(gr.11) se werke het elke ‘n Top 10 posisie in Mpumalanga verkry en ontvang sertifikate hiervoor.

Die prysuitdeling het 22 Augustus by die Mbombela Kunsgallery plaasgevind waar die leerders se werke ook vir ‘n tydperk besigtig kon word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version