EHS hengellaars wen kwartaalikse hengelliga

Teen die einde van die dag het EHS die knoop deurgehaak en in die eerste posisie geëindig.

Ligbron het Saterdag die  derde kwartaal se skole-hengelliga by Kromkransdam naby Hendrina aangebied.

Agt  Hoërskole: Hoërskool Ermelo, Hoërskool Lydenburg, Hoogenhout, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Middelburg, HTS Middelburg, Hoërskool Kriel en Middelburg Gekombineerd (Nasaret) het aan die kompetisie deelgeneem.

Teen die einde van die dag het EHS die knoop deurgehaak en in die eerste posisie geëindig.

Gelukaan die wenspan van die EHS: Divan Lourens, Johan Fourie, Rico Jordan, Jake Hoffeldt, Charles Randell, Zander de Beer, AJ Joubert en Paul Morkel.

Divan Lourens het algeheel tweede en Rico Jordan derde geëindig.

Die vierde Liga word  14 Oktober deur die Unie (Noord-Oos Mpumalanga) aangebied.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version