René Naciti sterf skielik

Sy het in Ermelo grootgeword en het haar skoolloopbaan by Hoërskool Ermelo voltooi.

René Naciti is op 7 Augustus skielik op die ouderdom van 32 oorlede.

Sy het in Ermelo grootgeword en het haar skoolloopbaan by Hoërskool Ermelo voltooi.

Ná skool het René Somatologie en B.Com. Bemarking aan die Universiteit van Pretoria studeer.

René was onderskeidelik by Ligbron Akademie vir Tegnologie en Summerfields Privaatskool werksaam tot die gesin twee jaar gelede weens omstandighede na Pretoria verhuis het.

Sy het baie vir mense omgegee en was betrokke by die Hanna Projek. Tot haar dood was sy werksaam by Hatfield Christian School.

Haar familie bedank graag die Ermelo-gemeenskap vir al die bystand, simpatie, blomme, kos ens. Almal se omgee is werklik oorweldigend.

‘n Spesiale woord van dank ook aan Hatfield Christian School en Little Lambs Kleuterskool vir al hul hulp en onder­steuning aan Carmelo daagliks.

René laat haar ouers, Dawie en Magda van der Merwe, haar man Carmelo, twee kinders Elliana (2) en Vincenzo (4), haar suster Karien en broer Jaco agter.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version