NewsSchools

Ligbron meisies krieketspan klop Oosterland met 8 paaltjies

Die Liggies het die kolf opgeneem en het in die 10de boulbeurt Oosterland se telling verby gegaan en sodoende die wedstryd met 8 paaltjies gewen.

 

Ligbron Akademie vir Tegnologie se meisies eerste krieketspan het Woensdag, 16 Augustus, teen Hoërskool Oosterland in hulle tweede ligawedstryd te staan gekom.

Die wedstryd het op Oosterland in Secunda se velde plaasgevind en die Liggies het vir niks terug gestaan nie.

Oosterland se meisies het eerste ingegaan om te kolf en het 78 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken.

Amanda Turner het uitgeblink deur 6 paaltjies vir 17 lopies in 4 boulbeurte te neem.

Die Liggies het die kolf opgeneem en het in die 10de boulbeurt Oosterland se telling verby gegaan en sodoende die wedstryd met 8 paaltjies gewen.

Die beste kolwers was Jana Swart met 21 lopies en Amanda Turner met 34 lopies (nie uit nie).

Ligbron se meisie eerste krieketspan sal eerskomende Woensdag, 23 Augustus, tuis teen Hoërskool Secunda speel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button