CrimeNews

Skelm besteel rolbalspelers in klubhuis

'n Vriendelike ronde rolbal is verlede Woensdag onderbreek toe 'n netjies geklede man die klubhuis binnegestap het.

‘n Vriendelike ronde rolbal is verlede Woensdag onderbreek toe ‘n netjies geklede man die klubhuis binnegestap het.

Hy het vriendelik met die voorsitter van die klub gesels oor hoe hy en sy vrou kan aansluit.

Intussen het die spel na die anderkant van die baan verskuif en dis toe dat een van die lede merk dat die man iets uit haar sportsak neem.

Sy het dadelik alarm gemaak, maar die man het na ‘n voertuig met ander insittendes gehaas en weggejaag.

Die man het ‘n selfoon uit die sak gesteel en eers toe die spelers ‘n ruk later klubhuis toe is om koeldranke te koop, het hulle gemerk dat die man met die inhoud van die kasregister weg is.

‘n Saak van diefstal is geopen en word deur die polisie ondersoek.

 

Intussen het die spel na die anderkant van die baan verskuif en dis toe dat een van die lede merk dat die man iets uit haar sportsak neem.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

 

Related Articles

Back to top button