Local newsNews

Impossibullit haal hoogste prys by Bullring Auction House

Die duurste bul is vir R360 000 aan Johna Boshoff van Fouriesburg verkoop.

Hurwitz Farming het Saterdag hul jaarlikse Boran-produksieveiling in samewerking met Vleissentraal Ermelo by die Bullring Auction House aangebied.

Die duurste bul is vir R360 000 aan Johna Boshoff van Fouriesburg verkoop en die gemiddelde prys vir bulle was R97 454.

Die duurste vers is vir R90 000 aan Liz Reilly van Swaziland verkoop met die verse se gemiddelde verkoopsprys R37 148.

Quentin de Bruyn van Ladybrand is die nuwe eienaar van die duurste koei met kalf wat vir R85 000 verkoop is.

Die gemiddelde verkoopsprys in dié afdeling was R50 200.

Daar was 70 rolinskrywings en op die dag is 67 diere deur die afslaer Johan van der Nest verkoop.

Foto’s verskaf deur Andre Pretorius Fotografie.

Die bul wat die hoogste prys, R360 000, op die veiling behaal het is BA09-111 Impossibullit wat deur mnr. Johna Boshoff van Fouriesburg gekoop is. (Foto: André Pretorius Fotografie).

 

Hendy Mathews (Hoof Uitvoerende Beampte B Hurwitz Farming), Johan van der Nest (afslaer), Wessel Meyer (besturende direkteur Vleissentraal Ermelo), Simeon Hurwitz (eienaar), Johna Boshoff (koper), Jeannie du Plessis (stoetbestuurder Hurwitz Farming) en Jarren Hurwitz (eienaar). Foto: Andre Pretorius Fotografie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button