SA-Skole Netbalspanne het Erries aan die stuur

Agt van Hoërskool Ermelo se netbalspelers het gedurende die afgelope vakansie aan verskeie Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SASN)-toernooie deelgeneem. Drie van dié dogters is gekies as kapteine van hul onderskeie spanne.

Agt van Hoërskool Ermelo se netbalspelers het gedurende die afgelope vakansie aan verskeie Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SASN)-toernooie deelgeneem.

Drie van dié dogters is gekies as kapteine van hul onderskeie spanne.

U-vandé Nortje was kaptein en het saam met Dalene Klopper vir die 0/18 A2-span wat 12de geëindig het, gespeel.

Noluthando Mkonza was in die 0/17-span wat ook ‘n 12de plek ingeneem het.

Lihle Msibi was in die 0/16A-span wat ‘n agtste plek verower het en Lungile Vilikazi was in die 0/16A2-span wat 16de geëindig het.

Amy Greyling, kaptein van die 0/15A1-span het haar span na ‘n derde plek gelei en Zara Büchling het vir die 0/15A2-span gespeel wat ‘n 15de plek ingeneem het.

U-lené Nortje was kaptein van die 0/14A2-span wat 19de geëindig het.

Exit mobile version