NewsSchools

EHS-hokkiedogters verteenwoordig provinsie

Hoërskool Ermelo het verskeie spelers wat Mpumalanga gedurende die skoolvakansie in die nasionale interprovinsiale en die Noordelike interprovinsiale hokkietoernooie veteenwoordig het.

Hoërskool Ermelo het verskeie spelers wat Mpumalanga gedurende die skoolvakansie in die nasionale interprovinsiale en die Noordelike interprovinsiale hokkietoernooie veteenwoordig het.

Anke de Kok en Lana Herholdt was lede van die 0/14A-span wat vierde in hul kategorie in die nasionale toernooi geëindig het.
In hul eerste wedstryd teen Noordwes het hulle gelykop met een doel elk gespeel, waarna hulle Wes-Kaap 4-1 en Noord-Kaap 2-0 geklop het.

Hulle het hul volgende drie wedstryde verloor: teen KZN 1-4, Vrystaat in die halfeindstryd 1-4 en die Oos-Kaap 2-3.

Die 0/14 Mpumalanga Hoëveld B-span het ’n negende plek in die noordelike toernooi behaal. Die twee Erries in die span is Chané Bester en Anke Kruger.

Die span het drie wedstryde gewen, drie verloor en in een wedstryd gelykop geëindig.

Die EHS was goed verteenwoordig in die 0/16A-span wat aan die nasionale toernooi deelgeneem het met Leandri Beyer, Kyla Grobler, Klarissa Joubert, Jana Nel en Nicole van der Merwe wat vir die Mpumalanga-span opgedraf het.

In hul wedstryde teen KZN Coastals en Amathole het hulle in elk gelykop gespeel met twee doele elk.

Hulle het egter teen OP en WP verloor, wat later sake uitgespook het vir eerste en tweede plek.

Die span was algeheel 11de in die A-liga ná hul oorwinning van 3 -1 oor Gauteng-Suid B.

Mpumalanga se 0/18A-span, met twee Erries, Zane Rothmann en Lydia Landman, het in die nasionale toernooi uitgedraf.

Carla Prinsloo wat oorspronklik vir die span gekies is, kon ongelukkig weens ’n besering nie deelneem nie.

Die span het hul wedstryde teen Southerns A 0-5, WP 0-4, OP 2-3 en KZN Inlands 1-3 verloor.

In hul wedstryd teen Southerns B het hulle gelykop met twee doele elk gespeel.

In hul volgende wedstryd teen Southerns B het hulle 3-1 gewen en daarna ook met die KZN Coastals 1-0 afgereken.

Die 0/18A’s eindig onderskeidelik negende uit 24 spanne in die nasionale toernooi in die A-afdeling.

Die 0/18C-span, afgerig deur me. Corlia Pienaar en Kelly-anne Bourne, met Berne de Kock en Hanna Cloete wat die Errie-viertal voltooi het, het algeheel tweede in hul afdeling geëindig in die noordelike toernooi.

Hulle wen hul wedstryde teen Vrystaat 7-0, KZN Inlands 2-0, en KZN Coastal 2-1 en speel gelykop teen Southerns C met drie doele elk.
Hul verloor 1-5 teen Southerns D.

Ander spanne wat aan die noordelike toernooi deelgeneem het, was die 0/16B-span wat vyfde geëindig het. Dané du Plessis, Andiswe Vilakazi, Nicole Venter en Marla Oosthuizen was lede van dié span.

Ansu Klopper, Yonette Fourie en Ruané Huber was deel van die 0/16C’s wat derde geëindig het.

Die 0/18B’s met Jana Prinsloo en Simoné Ferreira in die span het algeheel 12de geëindig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button