NewsSchools

Liggies 0/15 krieketspan toer na JARU SPORT

Die Liggies kon daarin slaag om twee van hul drie wedstryde op die toer te wen.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 0/15A-krieketspan het tydens die vakansie by Jaru Ssport in Brits drie wedstryde gespeel.

Tydens die eerste wedstryd teen Waterkloof se 0/15B-span het Ligbron hul teenstanders almal in die 18de beurt uitgehaal met 70 lopies op die telbord.

Luvuna Kubeka het die paaltjies geneem en slegs 10 lopies afgestaan in vier boulbeurte en Nkhutuko Phiri het 3/15 teen sy naam in vier boulbeurte.

Ná die goeie kolfwerk van Ruben Herbst (35 n.u.n.) het Ligbron die telling verbygegaan in 17.5 boulbeurte en die wedstryd met nege paaltjies gewen.

In die tweede wedstryd het Waterkloof se 0/14A-span 300 lopies in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken. Die Liggie-kolwers kon slegs 68 lopies aanteken en het dus die wedstryd met 232 lopies verloor.

Tydens die laaste wedstryd het die Liggies kragte gemeet met Oosterland en almal in 25.1 boulbeurte uitgehaal vir 73 lopies.

Hardu Prinsloo het 2/11 in vier boulbeurte behaal en Luvuna Khuleka ook 2/11 in ses boulbeurte.

Ligbron het Oosterland se telling verbygesteek met net een paaltjie plat en die wedstryd nege paaltjies gewen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button