Twee Erries in Grant Khomo-toernooi

Walter Visser en Mitchelson Mkhwanazi van Hoërskool Ermelo het vir die Puma-span uitgedraf.

Twee van Hoërskool Ermelo se 0/16-rugbyspelers, Walter Visser en Mitchelson Mkhwanazi, was lede van die Puma-span wat verlede week aan die Grant Khomo-toernooi in Bloemfontein deelgeneem het.

Walter het as losskakel en Mitchelson as slot vir die Pumas op die veld gedraf.

Die Pumas het al drie hul wedstryde verloor.

SWD het hulle met 39-24, Vrystaat XV met 48-24 en die Griquas met 24-12 geklop.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version