Liggie krieketspelers toer na Brits

In die tweede wedstryd, weer 'n 20/20, het Ligbron se boulers Bergvlam tot 75 beperk en almal in 15 boulbeurte uitgehaal.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste krieketspan het van 6 tot 9 Julie in Brits vier wedstryde gespeel.

In die eerste wedstryd het die Liggies teen Potch Gimnasium te staan gekom. Gimmies het 125 lopies aangeteken teenoor Ligbron se 52 en Ligbron verloor met 73 lopies.

Die tweede wedstryd vir die dag was ‘n 20/20-wedstryd teen Potch Gimnasium.

Ligbron het eerste gekolf en 144/5 aangeteken. Hanco Bakker het uitgeblink met 54 lopies. Boulers wat uitgeblink het, was Nickey Janse van Rensbug (3 paaltjies) Rassie Roux (2) en Stefan Horn (2). Ligbron het die wedstryd met 14 lopies gewen.

Die tweede dag se wedstryde was teen Hoërskool Bergvlam en Ligbron het 154 lopies aanteken teenoor Bergvlam se 57 en die wedstryd met 97 lopies gewen.

Aldo Myburgh was die sterbouler van dié wedstryd en het vyf paaltjies geneem.
In die tweede wedstryd, weer ‘n 20/20, het Ligbron se boulers Bergvlam tot 75 beperk en almal in 15 boulbeurte uitgehaal.

Nickey Janse van Rensburg het ses paaltjies geneem. Die Liggies het Bergvlam se telling in die 11de boulbeurt verbygegaan met slegs vier paaltjies plat. Ligbron het die wedstryd met ses paaltjies gewen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version