Ongeluk op die hoeke van Mac Donald- en Jan van Riebeeckstraat veroorsaak groot skade

Man lig beseer in botsing.

’n Botsing tussen ’n sedan en ’n bakkie op die hoeke van Mac Donald- en Jan van Riebeeckstraat het groot skade aan albei voertuie veroorsaak maar gelukkig geen lewens geëis nie.

Die ongeluk het Maandag, 10 Julie plaasgevind.

Die bestuurder van die bakkie het ligte beserings opgedoen en die twee dogtertjies van onderskeidelik twee en ses jaar oud wat in die sedan gery het, word by ’n hospitaal in Pretoria behandel vir beserings aan hulle arms.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

Exit mobile version