Local newsNews

Nuwe presidente vir Rotariërs is ingehuldig

Die nuwe presidente vir die Rotariërs en Phoenix-klubs is verlede Vrydagaand ingehuldig.

Die nuwe presidente vir die Rotariërs en Phoenix-klubs is verlede Vrydagaand by Madness ingehuldig.

Mnr. Ralph Griffiths het die leisels by mnr. Henry Botha oorgeneem en mnr. Joe Smith volg Brendon Damons op.

Die Rotariërs bestaan al dekades lank en hul missie is om vir die gemeenskap te werk en ‘n verskil te maak. Mnr. Griffiths se hele gesin, sy vrou Nicolene, seuns Tyro en Kyle en dogter Gizelle was daar om hom te ondersteun en sê hulle sal in hul pa se termyn as president sy hand vat en net so hard soos hy werk om die gemeenskap by te staan.

Mnr. Joe Smith is Vrydagaand by Madness ingehuldig as die nuwe president van die Phoenix-Rotariërklub. Saam met hom op die foto is mnr. Brendon Damons, uittredende president.
Mnr. Ralph Griffiths het Vrydagaand die presidentskap van die Rotariërs by mnr. Henry Botha oorgeneem. Langs hulle staan mnr. Butch Kotzé wat al verskeie kere die president van die Rotariërs was.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button