Margha en haar perd palm vier eerste plekke in

Margha Greyling (gr. 8) van Hoërskool Ermelo en haar perd Lorelock Legolas het vier eerste plekke ingepalm.

Margha Greyling (gr. 8) van Hoërskool Ermelo het verlede naweek aan die derde Core League Mpumalanga-uitdunne deelgeneem.

Sy en haar perd Lorelock Legolas het vier eerste plekke onderskeidelik in die Equitation 80cm, Jumping Competition, Jumping Accumulator 80cm en In-Hand Level 3 behaal. Verder behaal hulle twee derde plekke in Working Hunter 80cm en Working Riding Level 3 en spog ook met vierde plek in Performance Riding Level 3.

Exit mobile version