CrimeNews

Misdaadbrokkies vanuit Ermelo

'n 32-jarige man is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van moord.

  • The accused in the Issie Dippenaar murder case, Banele Sihlali, appeared in court on Friday. The case has been postponed to 3 July, pending instruction from the Director of Public Prosecutions (DPP). Sihlali is facing charges of murder with aggravated circumstances. The accused remains in custody.
  • ‘n 32-jarige man is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die polisie het om 04:00 inligting ontvang van ‘n struweling op die plaas Goedehoop, distrik Ermelo. Met hul aankoms het hulle ‘n man (38) met ‘n steekwond in sy linkerbors gekry. Hy is op die toneel oorlede. Die polisie het beslag gelê op ‘n mes wat op die toneel gevind is.
  • Na bewering was ‘n huishulp (54) Sondagoggend omtreeks 10:00 besig om haar werknemer se slaapkamer in ‘n huis in Jan Van Riebeeckstraat skoon te maak toe sy ‘n onbekende man met haar werknemer se skootrekenaar onder sy arm in die huis gewaar. Die man het na die slaapkamer gegaan en ‘n selfoon gevat waarna hy die huishulp en die huiseienaar se seun in die huis toegesluit en gevlug het. Niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van diefstal.

    Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

    Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

    ”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button