CrimeNewsBreaking News

Egpaar in huis aangeval

Mnr Kim kon daarin slaag om homself te bevry en sy dogter te kontak. Sy het dadelik ACSU geskakel wat baie vinnig op die toneel was

Op Dinsdagoggend ongeveer 8.30 was mnr. Pokwan Kim en sy vrou in hulle huis op hul grond, Kim’s Farm.

Na bewering was die deur van die huis oop.
Drie verdagtes van wie twee handwapens gedra het het die huis binnegestap en mnr. Kim na ’n nabygeleë pakkamer geneem waar hulle hom erg aangerand het en vasgebind het.
Sy vrou is gedwing om die kluis oop te sluit en is daarna in ’n hangkas toegesluit.
Die verdagtes het per voet  gevlug met ’n onbekende bedrag kontant.
Mnr Kim kon daarin slaag om homself te bevry en sy dogter te kontak. Sy het dadelik ACSU geskakel wat baie vinnig op die toneel was.
Die polisie en ambulans was kort op hul hakke. Mnr. Kim is op die toneel vir sy beserings behandel.
Die verdagtes is nog op vrye voet en die polisie ondersoek die saak.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button