NewsSchools

Ligbron netbalspan eerste in Gert Sibande

Met die prestasie het hulle eerste in Gert Sibande geëindig en dring deur na die Kay Motsepe Play-Offs.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se O/15 A-netbalspan het Saterdag, 27 Mei, aan die Gert Sibande-uitspeelwedstryde vir die A-spanne deelgeneem.

Die Liggies het hulle wedstryd teen Hoërskool Secunda met 19-11 gewen en het hulle wedstryd teen Hoërskool Ermelo met 17-4.

Met die prestasie het hulle eerste in Gert Sibande geëindig en dring deur na die Kay Motsepe Play-Offs wat op 19 Augustus in Middelburg sal plaasvind.

Die Kay Motsepe Play-Offs is vir al die O/15 A-netbalspanne wat in die grootskoolleliga deelneem.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button