NewsSchools

Konings op die hokkieveld

EHS se eerste seunshokkiespan 2017 se welverdiende ligawenners

Hoërskool Ermelo se eerste seunshokkiespan het ‘n suksesvolle ligaseisoen beleef.

Hul oowinning van 6-0 verlede week teen Ligbron Akademie van Tegnologie die spreekwoordelike kroon gespan. Hulle het die volgende dag ook daarin geslaag om Hoërskool Piet Retief 3-0 te klop.

Die Erries is onoorwonne ná ses ligawedstryde met 22 doele vir en slegs drie doele teen hulle.

Dit maak die EHS se eerste seunshokkiespan 2017 se welverdiende ligawenners.

Die 0/16’s se laaste twee ligawedstryde het ook verlede week plaasgevind. Teen Ligbron het hulle gelykop gespeel in’n wedstryd waar geen doele aangeteken is nie, maar het Hoërskool Secunda 6-0 geklop.

EHS se 0/16-span is ook onoorwonne in vanjaar se seisoen en is as ligawenners vir hulle ouderdomsgroep gekroon.

Uitspeelwedstryde vir die Mpumalanga-halfeind-en eindstryde vind op 3 en 10 Junie in Nelspruit plaas.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button