NewsSchools

Erries en Hoogies bou voort op sporttradisie

Die jaarlikse kragmeting tussen Hoërskool Ermelo en Hoërskool Hoogenhout in die FNB Classic Clash het Saterdag op die Erries se tuisveld plaasgevind.

Die jaarlikse kragmeting tussen Hoërskool Ermelo en Hoërskool Hoogenhout in die FNB Classic Clash het Saterdag op die Erries se tuisveld plaasgevind.

Op die hokkieveld het die Erries uit die staanspoor gesag op hul teenstanders afgedwing en met wentellings weggestap.

Die 0/14A’s het hul wedstryd 3-0 gewen. Chané Bester (2) en Larika van der Meulen was die puntemakers.

Yonette Fourie (2), Leandri Beyer (2), Hanné Swart en Kyla Grobler het bygedra tot die 0/16A-span se oorwinning van 6 – 0.

Die tweedes was teen halftyd slegs 1-0 voor, maar ná ‘n opwindende tweede helfte het hulle met 7 – 0 as wenners uit die stryd getree.
Zané Rothmann (2) en Carla Prinsloo het die doele aangeteken.

Die eerste seunspan het in hul vriendskaplike wedstryd teen Hoogenhout die een doel na die ander ingeskiet en met 12-0 koning gekraai.

William Gardiner (3), Christiaan van Huysteen (3), Stefan Kemp (2), Jaco Johnstone (2), Willem van der Merwe en Elandré Kruger was die puntemakers.

Die 0/14A-netbalspan het gelykop in hul wedstryd geëindig en die 0/16A’s het met 11-8 op die telbord as wenners van die baan afgestap.

Op die rugbyveld het die 0/15A’s uitgeblink met ‘n 53 – 8 oorwinning, die 0/16A-span het met 15-14 met Hoogenhout afgereken en die derdes het ook as wenners uit die stryd getree met 19-17.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button