CrimeNews

Standerton-vrou baklei terug teen verdagte man wat haar te lyf gaan

Die vrou, wat anoniem wil bly, het aan die Advertiser gesê dat sy self ’n paar goeie klappe in kon kry tydens die voorval.

’n Vrou is ongedeerd na ’n voorval met ’n verdagte wat haar voor ’n huis in Bergstraat te lyf gegaan het.

Volgens haar het sy op die sypaadjie stilgehou, naby die woning, waar ’n voertuig binne die erf geparkeer was.

Aanvanklik het sy nie dit verdag gevind nie, maar die verdagte het aan haar gesê dat die hek self oopgeskuif het toe hy daaraan vat.

Die vrou het onraad vermoed en foto’s begin neem waarna hy haar aangeval het.

Die vrou het hom die skrik op die lyf gejaag nadat sy begin teregbaklei het en hy het spore gemaak.

Sy medepligtige het na bewering in die voertuig gewag tydens die struweling.

Die vrou, wat anoniem wil bly, het aan die Standerton Advertiser gesê dat sy self ’n paar goeie klappe in kon kry tydens die voorval.

In ’n soortgelyke voorval in Standertstraat ’n paar minute vroeër, waarmee dié twee verbind kan word, was die hekmotor ook reeds ontkoppel.

Die inwoner het hulle gesien en dadelik alarm gemaak waarna die twee gevlug het.

Die voeruig waarmee die verdagtes gevlug het is ’n silwer Smart Car Fourfour, registrasienr: ND366277.

Volgens die ooggetuies het albei wit hemde aangehad.

Indien iemand die voertuig opmerk, skakel Kasselman Veiligheidsdienste by 017 712 1354 of die Standerton Polisie by 017 719 1250.

Related Articles

Back to top button