Local newsNews

Mamma, Moeder, Ma , Mammie – Ek is lief vir ma

’n Geskenkie kan wel sê: "Ek waardeer alles wat Ma vir my gedoen het en steeds doen."

Mamma, Moeder, Ma , Mammie … dis maar somminge van die aanspreekvorme vir die vrou wat jou in die lewe gebring het.

Kinders moet elke dag hul liefde en waardering teenoor dié besonderse vrou in hul lewe betoon, maar eenmaal ’n jaar op Moedersdag moet daar meer moeite gedoen word om haar te bederf.

Aardse goed kan nie vergoed vir die nagte se opstaan wanneer jy siek was, die nagte se wakkerlê as jy saam met vriende gaan kuier het nie of elke dag se gebede wat jou deur soveel moeilike situasies gedra het nie.

’n Geskenkie kan wel sê: “Ek waardeer alles wat Ma vir my gedoen het en steeds doen.”

’n Bottel skuimbad sal sorg vir ure se ontspanning in strelende warm water.

’n Handgemaakte fotoraam met foto’s van haar kinders daarin sal altyd ’n ereplekkie in die huis vind.

Snoesige pantoffels sal die koue wintersaande temper.

Geen vrou sal ooit nee sê vir ’n bottel parfuum nie.

Vir dié wat dit kan bekostig, sal ’n stukkie juweliersware enige ma se hart verbly.

Vir die wat ver van hul ma af woon, sal ’n oproep om te sê: ‘Hallo, Ma, gelukkige Moedersdag,” verseker ’n groot geskenk wees.

Moenie dat dié spesiale dag verbygaan sonder ’n liefdesgebaar van jou kant af aan jou ma nie.

Gelukkige Moedersdag aan al die ma’s.

Related Articles

Back to top button