Errie slaggereed vir komende liga
Die Erries se wintersportspanne het gedurende die April-vakansie verskeie toere meegemaak ter voorbereiding vir die komende liga.

Die Erries se wintersportspanne het gedurende die April-vakansie verskeie toere meegemaak ter voorbereiding vir die komende liga.
Die 0/14-,0/15-en 0/16-A netbalspanne het op 2 en 3 April aan ‘n toernooi by Sportisimo in Pretoria deelgeneem.
Die o/16-dogters het ondermeer teen Wolmaranstad, Nylstroomen Ligbron geseëvier en het algeheel tweede in hul poel geëindig.
Die Eerste netbalspan het na Potchefstroom gereis waar hulle die NWU netbalkursus bygewoon het.
Die SA-netbal –en Pukke-netbalafrigter, Me. DoretteBadenhorst, het die kukrsus gelei terwyl met die Puk-studente as assistente.
Die eerste twee dae was propvol en ’n besige program is gevolg.
Die program het uit ses verskillende sessies bestaan wat ondermeer spanbou, vaardighede en baanwerk ingesluit het en saans het die dogters oefenwedstryde gespeel.
Die 0/14A-en 0/15A-hokkiedogters het aan die Nedstar-hokkiekursus Hoërskool Garsfontein deelgeneem.
Die wedstryde op astrobane was vir die dogters ’n besonderse ondervinding en om saam met Craig Fulten, hoofafrigter van Ierland se manshokkie-span, te werk, ‘n groot voorreg.
Die 0/14A’s het tweede uit die agt deelnemende skole geëindig.-
Twee van die erries se 0/15’s, Jana Nel en Andisiwe Vilakazi, is aangewys as Nedstar-spelers van die toernooi.
Die 0/16A –en eerste span hokkiedogters het saam ’n oefen kamp by Hoërskool Garsfontein, Nedstar, bygewoon.
Die 0/16A’s het al hul uitspeel wedstryde oortuigend gewen en het in die eindstryd gelyk op geëindig.
Die Eerstes het Ovenkruin 5-0, Sentraal van Bloemfontein 2-0 en Uplands 3-1 geklop en gelyk op geëindig in hul wedstryde teen Hoërskool Middelburg en Hoërskool Lichtenburg.
Die 0/14 rugbyspan het na Mountain View, Badplaas gereis waar hulle meer van menswees en hoe om die reuse in die lewe te oorwin geleer het. Harde oefeninge en interessante aktiwiteite soos hindernisbane, ’n nagmars en van ’n baie hoë waterval afspring, het die spellers behoorlik uitgeput.
Hoërskool Ermelo se Nashua Eersterugbyspan het ’n oefenkampgehad op hul tuisveld meegemaak.
Die span het hard gewerk, spesialisafrigting ontvang en die laaste voorbereiding voltooi voordat die 2017 liga begin.




