Local newsNews

Errie slaggereed vir komende liga

Die Erries se wintersportspanne het gedurende die April-vakansie verskeie toere meegemaak ter voorbereiding vir die komende liga.

Die Erries se wintersportspanne het gedurende die April-vakansie   verskeie toere meegemaak  ter voorbereiding vir die komende liga.

Die  0/14-,0/15-en 0/16-A netbalspanne het op 2 en 3 April aan ‘n toernooi by Sportisimo  in Pretoria deelgeneem.

Die o/16-dogters het ondermeer teen Wolmaranstad, Nylstroomen Ligbron geseëvier en het algeheel tweede in hul poel geëindig.

Die Eerste netbalspan het  na Potchefstroom gereis waar hulle die NWU netbalkursus bygewoon het.

Die SA-netbal –en Pukke-netbalafrigter, Me. DoretteBadenhorst, het die kukrsus gelei  terwyl met die Puk-studente as assistente.

Die eerste twee dae was propvol en ’n besige program is gevolg.

Die program het uit ses verskillende sessies bestaan wat ondermeer  spanbou, vaardighede en baanwerk ingesluit het en  saans het die dogters oefenwedstryde gespeel.

Die 0/14A-en 0/15A-hokkiedogters het   aan die Nedstar-hokkiekursus  Hoërskool Garsfontein deelgeneem.

Die wedstryde op astrobane was  vir die dogters ’n besonderse ondervinding en om saam met Craig Fulten, hoofafrigter van Ierland se manshokkie-span, te werk, ‘n groot voorreg.

Die 0/14A’s het tweede uit die agt deelnemende skole geëindig.-

Twee van die erries se 0/15’s, Jana Nel en Andisiwe Vilakazi,  is aangewys as Nedstar-spelers van die toernooi.

Die 0/16A –en eerste span hokkiedogters  het saam ’n  oefen kamp by Hoërskool Garsfontein, Nedstar, bygewoon.

Die  0/16A’s het al hul uitspeel wedstryde oortuigend gewen en het in die eindstryd gelyk op geëindig.

Die Eerstes het  Ovenkruin  5-0, Sentraal van Bloemfontein  2-0 en Uplands  3-1 geklop en gelyk op geëindig in hul wedstryde teen  Hoërskool Middelburg en Hoërskool Lichtenburg.

Die 0/14 rugbyspan het na Mountain View, Badplaas gereis waar hulle meer van menswees en hoe om die reuse in die lewe te oorwin geleer het.  Harde oefeninge en  interessante aktiwiteite  soos hindernisbane, ’n nagmars en van ’n baie hoë waterval afspring, het die spellers behoorlik uitgeput.

Hoërskool Ermelo se  Nashua Eersterugbyspan het  ’n oefenkampgehad op hul tuisveld meegemaak.

Die span het hard gewerk, spesialisafrigting ontvang en die laaste voorbereiding voltooi voordat die 2017 liga begin.

 

 

 

 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button