Editor's choiceLocal newsNews

Bekende in boubedryf sterf

"Christiaan se positiewe gees het dit maklik gemaak om in sy teenwoordigheid te wees."

‘n Bekende in die boubedryf en sakeman op Ermelo, Christiaan Malherbe (57), is verlede Woensdag ná ‘n kort siekbed oorlede.

Hy was die eienaar van Hoogland Bouers op die dorp en was ook bekend onder lede van Ermelo Gholfklub waar hy ‘n lid was.

Hy was ook bekend en geliefd onder die personeelkorps en ouergemeenskap van Ligbron Akademie vir Tegnologie waar hy die skool heelhartig ondersteun het.

Mnr. Dup van Rensburg, hoof van Ligbron, het gesê: “Christiaan se positiewe gees het dit maklik gemaak om in sy teenwoordigheid te wees. Daar kan met gemak gesê word hy was ‘n goeie mens, ‘n omgee-mens en ‘n meesterbouer.

Die invalshoek waarmee hy die lewe beskou en uitgeleef het, het die Christelike beginsel onderstreep en ‘n raamerk van sekuriteit vir sy gesin en personeel geskep.”

Christiaan word oorleef deur sy vrou, Gerda, en hul seun, Ernst.

‘n Roudiens vir Christiaan word Woensdag 12 April om 11:00 in die NG Kerk Debruinpark gehou.

Related Articles

Back to top button