Local newsNews

Boer ly groot skade na 280 bale aan die brand gesteek word

Sewe skape is ook vasgebind en kon opgespoor word waarvan ses lewendig en een dood in die veld aangetref is.

‘n Boer in die Platrand-distrik het op 29 Maart skade van sowat R126 000 gely nadat 200 grasbale aan die brand gesteek is.

Volgens mnr. Sias Blignaut het so ‘n voorval ook twee weke gelede gebeur toe 80 bale aan die brand gesteek is.

Drie beamptes van Kasselman Veiligheidsdienste, die Perdekop Polisie, die Honde-eenheid en Veediefstaleenheid van Standerton was op die toneel en het werk van die saak gemaak.

Sewe skape is ook vasgebind en kon opgespoor word waarvan ses lewendig en een dood in die veld aangetref is.

Volgens ‘n woordvoerder van Kasselman Veiligheidsdienste was daar goeie samewerking tussen die betrokke partye.

Die polisie ondersoek die voorval.

Oorspronklike artikel deur Standerton Advertiser.

Related Articles

Back to top button