Editor's choiceLocal newsNews

Vermisde Ermelo-man in Standerton opgespoor

Die 41-jarige man se voertuig is verlede week deur ’n oplettende inwoner op Standerton gewaar.

Mnr. Stephanus (Fanie) Grobler wat op 28 Maart op Ermelo vermis aangemeld is, is ongedeerd op 30 Maart op Standerton gevind.

Die 41-jarige man se voertuig is verlede week deur ’n oplettende inwoner op Standerton gewaar wat nie besef het hy word vermis nie.

’n Werknemer van Kasselman Veiligheidsdienste het op 30 Maart brandstof by ’n vulstasie op die dorp ingegooi en met mnr. Grobler ’n gesprek gevoer nadat hy hom gesien.

Volgens die werknemer het hy op versoek van mnr. Grobler vir hom aanwysings na die OTM by Standard Bank gegee.

Dié werknemer het daarna in verbinding met die man se familie getree wat onbewus van die omstandighede was.

Die familie het vanaf Ermelo gery en kon mnr. Grobler veilig by die bank aantref.

Sy vrou het in ’n telefoniese onderhoud met ons susterskoerant, die Hoëvelder, versoek dat hulle privaatheid gerespekteer moet

 

ALSO READ MISSING ERMELO MAN FOUND

Related Articles

Back to top button