Local newsNews

Tuinbouers geniet leersame oggend

Van entrepeneurskap, interessanthede oor mere en flaminke tot die "Leliemoordenaar"...

Vandeesmaand se tuinbou-vergadering is verlede week by die Vintage Cafe by Crete Crazy gehou.

Die vroue het gesellig met ‘n koppie tee in die hand om ‘n tafel gesit en aandagtig geluister na die drie interessante onderwerpe wat bespreek is.

Sandra Kritzinger van Tuiskoop was eerste aan die beurt met haar inspirerende praatjie oor entrepreneurskap waarna die enigste doring onder die rose, Pieter Strydom, die vroue meer vertel het van die mere en waterskeiding van Chrissiesmeer en hulle ook insiggewende interessanthede vertel het van die flaminke wat in die omgewing te sien is.

Elmarie Celliers het afgesluit met ‘n kort praatjie oor Lerina Erasmus, skrywer van die Mannheim Sage, en haar nuwe boek ” Leliemoordenaar”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button