Nuwe dominee vir Chrissiesmeer

Dr. Johann Voges en sy vrou, Martie, is die nuwe pastoriepaar vir die NG Gemeente Chrissiesmeer.

Dr. Johann Voges en sy vrou, Martie, is die nuwe pastoriepaar vir die NG Gemeente Chrissies-meer.

Hy het Sondag, 5 Maart sy intreepreek gelewer. Ds. Dion van Dyk van Morgenzon-gemeente het die bevestiging en verwelkoming waargeneem.

Ds. Francois Retief het namens die Oostelike Sinode die verwelkoming gedoen en dr. Frans Boshoff namens die Nederduitse Hervormde Kerk.

Dr. Voges se eerste gemeente was in 1979 in Standerton.

In 1982 het hy ‘n beroep aan na die Lynnwoord-gemeente aanvaar waar hy in 2012 geëmeriteer het.

Daarna het hulle verhuis na Witrivier waar hy ‘n termyn kontrakpos met Sabie Gemeente aangaan het.

Hy het ook gehelp met prediking in die Graskop-gemeente, Witrivier, en Hazyview NHK.

Ná afloop van die verrigtinge het die gaste gesellig saam verkeer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version