Local newsNews

Afgetrede boer op 90 oorlede

Mnr. Sarel van Jaarsveld (90), inwoner van die SAVF-Huis, Ermelo, is op 4 Maart ná 'n kort siekbed oorlede.

  • Mnr. Sarel van Jaarsveld (90), bekende afgetrede boer van Utrecht in KwaZulu-Natal en vir die laaste vyf jaar ‘n inwoner van die SAVF-Huis, Ermelo, is op 4 Maart ná ‘n kort siekbed oorlede.

Sy vrou, Christie, het hom in 2015 ontval en hy word oorleef deur sy seun, Johan, dogter Ina Terblanche, en ses kleinkinders.

Mnr. Van Jaarsveld is in die Clocolan-distrik in die Vrystaat gebore en het in die laat veertigerjare vir Oos-Vrystaat se 0/19-rugbyspan en later vir Oos-Vrystaat as haker op die veld gedraf.

Hy het as jong man in die Louwsburg-distrik met sitrus geboer en het daarna Utrecht toe getrek.

Hier het hy vir baie jare met groot sukses met mielies en grondbone geboer.

Hy was ook bekend as ywerige diepsee-hengelaar en jagter. Hy het verskeie rekord-marlyne van sy boot af langs die Natalse Noordkus gevang.

Related Articles

Back to top button