Die staking deur Msukaligwa munisipale werkers het Maandagoggend ‘n onaangename wending geneem toe stakers die ingang, voorportaal en burgemeesterskantore by die Burgersentrum vol verwerkte rioolslik bemors het.
Nie-stakende personeel het egter ingespring en die ergste gemors opgeruim.
‘n Onaangename reuk het egter in die lug bly hang.