Die Hoëvelder het onlangs ou en uitgediende elektroniese toerusting wat geen doel meer gedien het bymekaargemaak en aan die e-rommelinsamelingsprojek van die NG Kerk Debruinpark geskenk.
Die kerk, insamewerking met die Msukaligwa Munisipaliteit het ’n beroep op die publiek gedoenom alle ou e-rommel soos ou rekenaars, drukkers, huishoudelike toerusting, radios en soortgelyke items na die versamelpunt by Pick n Pay Ermelo (De Emigratieweg uitgang) of die afsetpunt by die munisipale kantore te neem waarvandaan dit na ’n afsetpunt in Gauteng geneem sal word vir herwinning.
Die e-rommel kan tot vandag (Donderdag 9 Maart) na die afsetpunte geneem word.