NewsSchools

Erries benut tuisvoordeel teen Lydenburg

Hoërskool Ermelo se rugby-, netbal- en hokkiespanne het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Lydenburg meegeding.

Hoërskool Ermelo se rugby-, netbal- en hokkiespanne het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Lydenburg meegeding.

In die rugbykragmeting het die Erries se eerste span, geborg deur Nashua, met 22-17 geseëvier.
Albei spanne het opwindende hardlooprugby gespeel.

Die Erries het twee doele, ’n drie en ’n strafdoel teenoor Lydenburg se doel en twee drieë aangeteken.

Die Errie-losskakel, Ruan Grobler, het sy span dikwels met lang strafskoppe kantlyn toe op die aanval geplaas.

Hy het sewe punte, ’n strafdoel en twee doelskoppe, aangeteken.
Morné Janse van Rensburg het Ermelo se drieë gedruk.

Die 0/16A’s was onkeerbaar en het die Lydenburgers met 57-7 afgeransel.
Hulle het nege drieë ingeryg waarvan Walter Visser sewe verdoel het.

Die 0/16B’s het met 17-12 gewen, terwyl die 0/15A-span met 14-10 en die 0/15B’s met 21-0 baas was.

Die Erries se hokkiespanne het uitstekend presteer met al hul spanne wat hul wedstryde gewen het.

Die dogters se uitslae is as volg: 0/14A (4-0), 0/14B (4-0), 0/15A (1-0), 0/16A (13-0), tweede span (7-0) en die eerste span (8-0).

Die 0/16A-seunspan het 4-1 gewen en die eerste span 8-0.

Die netbaldogters het gesorg vir groot opwinding met die eerstes wat ná ’n harde wedstryd met 29-25 geseëvier het, die tweedes het 12-9 met hul teenstanders afgereken en die 0/16B’s het ook as oorwinnars uit die stryd getree met hul oorwinning van 12-7. Ná ’n taai wedstryd het die Erries se 0/14B’s gelykop met vyf doele elk geëindig.

Die Erries reis eerskomende naweek na Bethlehem waar hulle teen Hoërskool Witteberg te staan sal kom.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Related Articles

Back to top button