Local newsNews

Onthou die skoudatum

Die Hoëveld Landboufees vind van 2 tot 4 Maart op die Ermelo-skouterrein plaas.

Die Hoëveld Landboufees vind van 2 tot 4 Maart op die Ermelo-skouterrein plaas.

Dit beloof vermaak vir groot en klein met kos, vermaak en stalletjies om van te kus en te keur.

Skougangers sal vanjaar vermaak word deur van die land se top kunstenaars met Refentse, Ricus Nel, Liza Bronner, Touch of Class, Monique Steyn en die Parlotones wat die verhoog saans sal betree.

Vliegentoesiaste kan uitsien na die Nashua-lugvertoning wat Saterdag om 11:00 plaasvind.

Mej Skou word oudergewoonte weer aangebied en die manne kry vanjaar die geleentheid om die spiere te bult tydens die Physique-kompetisie

Die landbousektor word ook nie afgeskeep nie en perde, skape, beeste en pluimvee sit hul beste skouvoet voor.

Vrydag, 3 Maart bied Veeplaas om 14:00 die Toyota Jong Afslaers-kompetisie aan vir Junior Afslaers: 13 – 18 jaar en Jong Afslaers: 19 – 30 jaar.

Skoutoegang beloop R50 per volwassene en R30 per kind. Pensioenarisse 65 jaar en ouer kan met bewys van hul identiteitsdokument Donderdag, Vrydag en Saterdag gratis deel in die skoupret.

Vir enige navrae, skakel die skoukantoor by 017 819 7207.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

Related Articles

Back to top button