Tuinboulede besoek iriskwekery

Ermelo Tuinbouklub se vroue het verlede week die Runnymede-irisplaas by Wakkerstroom besoek.

Ermelo Tuinbouklub se vroue het verlede week die Runnymede-irisplaas by Wakkerstroom besoek.

Sue Dandridge, eienaar van die plaas, het die klublede ingelig oor die plante wat sy kweek.

Sy het ook ‘n paar interessante feite met hulle gedeel.

In die Griekse mitologie was Iris die godin van die reënboog, en die drie blomblare verteenwoordig geloof, wysheid en dapperheid, vandaar die gebruik van die blom in soveel verskillende heraldiese wapens.

Die naam Iris vir ‘n dogtertjie kan ook verwys na iemand wat vreugde bring, en ook ‘n helper kan wees.

Die besoekers het geleer dat irisse ideale plante is vir droë en koel klimaatstreke soos die Hoëveld en raad gekry oor hul versorging.

Die vroue het die oggend afgesluit met ‘n gesellige ete by die Bistro.

“Ons kan ‘n besoek aan Wakkerstroom, die irisplaas en die Bistro sterk aanbeveel,” was die vroue dit eens.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Exit mobile version