Local newsNews

Hoëveld Landboufees om die draai

Gelukkige skougangers staan weekliks 'n kans om twee gratis toegangskaartjies vir Saterdag 4 Maart te wen.

Die lang gewag is verby en die Hoëveld Landboufees is om die draai.

2 tot 4 Maart beloof vermaak vir groot en klein met kos, vermaak en stalletjies om van te kus en te keur.

Skougangers sal die jaar vermaak word deur van die land se top kunstenaars met Refentse, Ricus Nel, Liza Bronner, Touch of Class, Monique Steyn en die Parlotones wat die verhoog saans sal betree.

Mej Skou word oudergewoonte weer aangebied en die manne kry vanjaar die geleentheid om die spiere te bult tydens die Physique-kompetisie

Die landbousektor word ook nie afgeskeep nie en perde, skape, beeste en pluimvee sit hul beste skouvoet voor.

Toegang beloop R50 per volwassene en R30 per kind. Pensioenarisse 65 jaar en ouer kan met bewys van hul identiteitsdokument Donderdag, Vrydag en Saterdag gratis deel in die skoupret.

Gelukkige skougangers staan weekliks ‘n kans om twee gratis toegangskaartjies vir Saterdag 4 Maart te wen.

Beantwoord ‘n maklike vraag en wees ‘n wenner.

Die inskrywingsvorm is elders in die koerant.

Vir enige navrae, skakel die skoukantoor by 017 819 7207.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button