Local newsNews

Tot siens maar nie vaarwel

"Ek gaan nou meer tyd met my man deurbring en na my 'boyfriend', Elvis Presley, se musiek luister,"

Die Hoëvelder het onlangs afskeid geneem van een van sy staatmakers, Me Marie van Nieuwenhuizen, wat ná ‘n dienstermyn van 16 jaar “ophou werk, maar nie op pensioen gaan nie”.

Tannie Poppie, soos sy deur haar kollegas gedoop is, het die ontvangs en algemene kantoorwerk van die Hoëvelder behartig waar sy haar pligte met absolute ordelikheid en netheid uitgevoer het.

Sy sal egter nog ‘n tyd lank uithelp met die verspreiding van die koerante op Donderdae.

“Ek gaan nou meer tyd met my man deurbring en na my ‘boyfriend’, Elvis Presley, se musiek luister,” het Marie, ‘n groot aanhanger van dié pop-ikoon, geskerts.

Marie se man, Piet, het in 2006 ‘n beroerte gehad en sy het hom sedertdien liefdevol versorg, ten spyte van haar voltydse werk.

Die egpaar se enigste kind, Juanita, is in Desember 1996 op die ouderdom van 19 aan ‘n brein-aneurisme oorlede.

Related Articles

Back to top button