Ligbron vereer vir puik prestasie

Die skool het ook 'n toekenning ontvang vir die skool wat in die distrik die beste in Wiskunde en Wetenskap presteer het, asook 'n toekenning as een van die skole wat 'n 100%-slaagsyfer tydens die 2016-matriek eindeksamen behaal het.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede Donderdag tydens die Gert Sibande-streekprysuitdelingsgeleentheid met vier toekennings weggestap.

Me. Lenie van Zyl en me. Elsa van Zyl het ‘n trofee en sertifikaat ontvang as die beste presterende onderwysers in Wiskunde.

Verder spog die skool ook met ‘n toekenning vir die skool wat in die distrik die beste in Wiskunde en Wetenskap presteer het, asook en ‘n toekenning as een van die skole wat ‘n 100%-slaagsyfer tydens die 2016-eindeksamen behaal het.

‘n Toekenning vir volgehoue uitstaande akademiese prestasies oor die afgelope drie jaar is ook aan die skool toegeken.

Een van Ligbron se matrikulante van verlede jaar, Arno van der Merwe, was ook onder die top vyf presteerders in Wiskunde.

Vir dié prestasie het hy ‘n trofee, ‘n sertifikaat, R10 000 kontant en ‘n sak geborg deur Sasol ontvang.

Exit mobile version