Bereik jou doelwitte vanjaar

Nuwe jaar, nuwe jy, begin nou.

SECUNDA – As jou voorneme van verlede jaar onsuksesvol was, onthou jy is nie alleen nie.

Dit is ’n nuwe jaar vol nuwe uitdagings wat voorlê en almal wil op die regte voet begin.

Mense glo in ’n nuwe begin en dit kom van die Romeinse tyd af.

Die rede waarom dit moeilik is om nuwejaarsvoornemens te behaal, kan op die brein blameer word.

Om beter te verstaan hoe die brein ’n impak het op ’n mens, sal help om die doelwitte wat gestel is te kan behaal.

Een van die groot redes waarom nuwejaarsvoornemens nie suksesvol is nie, is omdat mense terug gaan na die vorige jaar se doelwitte wat nie bereik is nie.

Mnr. Tim Pychyl, ’n sielkundige van die Universiteit van Ottawa, het ge sê: “Om nuwejaarsdoelwitte te stel is slegs ’n gedagte en geen aksie is nodig om die gedagte te bevredig nie.

“Om in die oomblik te dink oor byvoorbeeld gewig te verloor, laat ons beter voel oor onsself en ons het nie nodig om fisies uit te gaan en iets te doen om die doelwit te bereik nie.”

Om ’n lys op te stel om seker te maak dat jy verbeter, is nie altyd so maklik nie.

Daar is verskeie punte wat in ag geneem moet word om seker te maak dat by die nuwejaarsvoornemens bly en jou aan die einde van die dag ’n beter persoon maak.

Dit is belangrik om die voornemens iets te maak wat jy wil hê en nie iets wat jy moet doen omdat jy weet dit iets is wat jou sal help nie.

Maak seker dat die hoeveelheid doelwitte wat gestel word, doenbaar is vir jou.

Dit is belangrik om spesifiek te wees wanneer mens doelwitte kies om susksesvol te kan wees.

Skryf die voornemens neer en skryf dit so asof jy reeds die voorneme oorwin het.

Stel klein doelwitte regdeur die jaar om seker te maak dat die groot doelwit aan die einde van die dag bereik word.

Herhaling is belangrik om ’n gewoonte te begin en deur die gewoonte aan te leer, sal dit deel word van jou daaglikse roetine.

Ondersteuning is belangrik, so praat met mense wat jou doelwit reeds bereik het om jou motivering te kan behou deur die jaar.

Dit is belangrik om jouself daaraan te herinner waarom jy die doelwit wil bereik en hoe dit jou lewe gaan beïnvloed.

Daar sal altyd struikelblokke in jou pad na ’n nuwe jy staan en dit is belangrik om ’n stelsel in plek te hê om dié struikelblokke te oorwin.

Almal se doelwitte sal anders wees, maar om dit te bereik sal genoeg bevrediging gee om seker te maak dat dit deel vorm van jou leefstyl.

Exit mobile version