Local newsNews

EARS baat by vrolike veldtog

Ermelo se gemeenskap het hul harte oopgemaak en deur die loop van die oggend kos, komberse en donasies vir die diere gebring.

Melrow Apteek het Saterdag ‘n pretoggend ten bate van EARS aangebied.

Kersvader het ook ‘n draai gemaak terwyl Tom, van Tom en Jerry-faam, die kleinspan vermaak het.

Kinders het hul gesigte laat verf vir ‘n klein donasie en boereworsrolletjies en kolwyntjies was te koop met die wins wat aan die EARS-fonds geskenk is.

Ermelo se gemeenskap het hul harte oopgemaak en deur die loop van die oggend kos, komberse en donasies vir die diere gebring.

Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, het vir Antoinette Bakselerowicz van Melrow Apteek, wat die oggend gereël het, en elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het, bedank vir hul onbaatsugtigheid.

Related Articles

Back to top button